DIE BLOU WILLEM KOFFIE WINKEL

Helene de KlerkHelene de Klerk het besluit om een van haar drome na te volg.  Sy gaan ‘n koffiewinkel oopmaak, het sy vasberade gedink. So maak sy toe die Koffie Winkel oop met die naam Blou Willem. Die idee agter die naam Blou Willem het ontstaan deur die gedagte om te fokus op  Afrikaans met ‘n naam wat in die kliënte se gedagtes sal haak.

Blou Willem is soveel meer as net nog een van Windhoek se vele eetplekke. Dit is ‘n kuierplek…’n saamkomplek, ‘n ware plaasgevoel-lekker plek. Die hoededoos word oop gemaak en ou tradisies word voorgesit met geregte uit die verlede wat met ‘n moderne aanslag bedien word.

Huidiglik doen Blou Willem ligte ontbyte, broodjies en middagetes. As deel van Blou Willem se unieke voorkoms, maak hulle hoofsaaklik gebruik van Wildsvleis vir al hulle rooivleis geregte, iets wat nie geredelik beskikbaar is in Windhoek se restaurante nie.

Die beplanning rondom die winkel is om so ver as moontlik plaaslike produkte beskikbaar te stel vir Windhoekers.  Daar is menigte interessante, vars produkte landwyd beskikbaar, maar met beperkte afsetpunte.  Blou Willem wil vir klein handel die geleentheid gee om hulle unieke produk beskikbaar te maak.  Dus, kyk hulle uit vir Boervroue met ‘n lekker baksel beskuit, tuisgemaakte konfyte of verwerkte vleise.

Met Namibian Coffee Roasters as hulle koffie vennoot, sal hulle vanaf Junie vars gemaalde koffie beskikbaar stel aan hulle kliënte.  Namibian Coffee Roasters sal hul rooster & meule in die winkel stasioneer, so kliente sal eerstehands kan sien en leer presies hoe koffie gerooster word.

Blou Willem sal  ‘n padstal wees in die hartjie van Windhoek se Suidelike Industriële gebied waar mense kan kom stop, ‘n vars bos blomme kry, ‘n heerlike boksie sjokolade of ‘n voorbereide ete om huis toe te neem.

Kom maak dus sommer vroeg in die oggend ‘n draai by Blou Willem en begin jou dag met ‘n uitstekende koppie Afrika-koffie en ‘n huppel in jou stap!

CONTACT

Helene de Klerk

081 310 2629

blouwillemnam@gmail.com

WHERE TO FIND US